Virsekerbeker medium skole

Bekker lyk na span om te klop in Virsekerbeker medium skole

Mede Puk Super 16 reeks wenners Bekker van Magaliesburg is sterk oppad om heel bo aan die Leeus liga te eindig. Die groen mambas soos hulle bekend staan gaan moeilik die jaar geklop word in die meduim skole liga.

Bekker het saterdag Trinity in ‘n taai stryd 29 – 18 geklop, en Leeuwenhof het nuweling Benoni high 15 – 3 geklop en dus hulle aanpsraak op ‘n semi finaal plek behou.

Hartebeespoort was in ‘n titaniese stryd gewikkel met Bergsig en het die wedstryd 10 – 6 gewen. Bergsig sal nou met die bul spanne van Vryburg en Brits moet afreken om verder enige se in die reeks he. Vryburg het Schoonspruit 48 – 22 kaf gedraf.

Brandwag is die span in die Valke liga om dop te hou. Die manne van Benoni was weereens genadeloos. Delmas was die span wat die knieg moes buig, en hulle het 22 – 61 in Brandwag vas geval.

In die Limpopo liga is dinge nog baie gelyk, en dit is te vroeg om ‘n wenner te voorspel. In die enigste wedstryd van die naweek het Ben Viljoen 35 – 12 gewen teen Hans Strijdom.

Hoogehout lyk na die span om te klop in die Puma streek. Hulle het in die FNB Classic clash maklik met Ermelo klaar gespeel. Die wedstryd was egter nie ‘n liga wedstryd nie. Kanonkop se wedstryd teen Volksrust die 27 Mei 2017 kan ‘n groot impak op die liga he.

Pretoria THS and HTS Tuine lyk na die vroee aanspraak makers in die Bulle streek. Tuine Tegnies het die naweek Curro Hazeldean 45 – 0 geklop.

Ek moet egter noem dat ek nie gereeld tellings ontvang van die skole in die meduim skole reeks nie, so dis is  moeilik om nuus oor die Virsekerbeker meduim skole in party provinsies te verskaf.

20 Mei 2017

Leeuwenhof 15 – 3 Benoni High

Bekker 29 – 18 Trinity

Bergsig 6 – 10 Hartbeespoort

Ben Viljoen 35 – 12 Hans Strijdom

Curro Nelspruit  0 – 62 Uplands college

Brandwag 62 – 21 Delmas

Vryburg 48 – 22 Schoonspruit

HTS Tuine 45 – 0 Curro Hazeldean.

Vir meer tellings gaan kyk gerus na Virsekerbeker Medium skole

 

 

 

 

2 comments

Join the Conversation