Rugby in die platteland: Ons kuier die week by BVHS

 Suid Afrikaanse rugby het ‘n trotse tradiesie om diamante te ontgin in die platteland. Ons het dus besluit om vir die volgende paar weke te gaan kuier by plattelandse skole regoor SA. Ons eerste stop was in die Griffons area waar ons gaan inloer het by BVHS se direkteur van Rugby Christiaan Gouws

Christiaan is altyd gewillig om ons te help en sy passie vir rugby en sy skool is baie opvallend:

Wat is jou Naam en van en Posisie by jou skool
Ek is Christiaan Gouws en is die direkteur van Rugby by Voortrekker.

1. Waarom dink jy is rugby in die platteland belangrik?

Daar is baie talent wat in die platteland weg gesteek is dit is ‘n gemeenskap kultuur om mense by mekaar tebring.

2. Dink Jy daar word genoeg gedoen vir skole rugby in die platteland?

Daar is ‘n goeie poging , maar ek dink blootstelling vir goeie platteland se skole by groot toernooie is skaars.

3. Wat doen julle as skool of jy as afrigter om spelers te ontwikkel op ander vlakke as net rugby?

By BVHS is dit vir ons baie belangrik om die seuns in jong mans te ontwikkel in akademie en om hulle toekoms besluite makliker te maak.

4. Wanneer begin julle beplanning vir die 2019 rugby seisoen?

Ons het reeds die 17 Sept begin met voorseisoen

5.Wat sal jy se is julle grootste sukses verhaal ivm julle 2018 rugby seisoen?

In 2018 is BVHS aangewys as die algehele rugby skool van die Wesgrow reeks wat gerekende skole soos Diamntveld en Noord – Kaap insluit oor drie provinsies

6. Sukkel julle op spelers te hou van groter skole?

Ons het soms n problem met die groter skole , maar ek dink daar word genoeg geleenthede gegee aan spelers in die Griffons streek en dit help om hulle te hou.

7. Wie love julle as skool om teen te wen?

Ons FNB Classic clash teen Witteberg

8. Wie is volgens jou mening die afrigter na wie jy opkyk?

Ek persoonlik is n baie groot aanhanger van Heyneke meyer wat in 2002 die verskil gebring het na die Bulle en hulle jare van Glorie was.

9. Watter aspek van jou betrokkenheid by BVHS hou jy die meeste van?

Gelukkig is ek net ‘n Direkteur wat als van Rugby by die skool hanteer, so ek is baie gelukkig met die werk alhoewel dit baie druk is , is dit die moeite werd.

10. Gee ons ‘n kort beskrywing van lewe as afrigter by jou skool?
Ek is in beheer van al die afrigters by die skool en die rugby program wat in plek gesit is om tot die beste van ons vermoe te kan presteer.

Ek rig dan ook die 1ste span rugby af, so ek sal daagliks oefeninge of wedstryde van al die spanne ontleeding die die voorseisoen is ons besig met vaardighede elke middag en beplan ons oefern sessies met detail.

Please follow and like us:

Leave a Reply